Local newsNews

Dinosouruspark voorwaar ‘n unieke ervaring om te beleef

Laerskool Laeveld se gr. 3-leerlinge het onlangs die Sudwala-grotte besoek.

Dit was deel van die gr. 3-kurrikulum waarin hulle unieke plekke, soogdiere en reptiele behandel het en die besoek het die maats nuwe begrip en insig daarin gegee.

“Dit was met groot afwagting wat die maats hul Buscor-bus bestyg het, kospakkies in die hand,” sê me. Sonja Holtzhausen, die skool se skakelbeampte. Hulle begeleide toer deur die grotte asook die dinosouruspark het vir hope pret en plesier gesorg. Die leerders kon ook kristalle koop om huis toe te neem.

“Dit was voorwaar ‘n uitstappie om nog lank te onthou,” se Holtzhausen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button