Editor's choiceLifestyleNewsNews

Steelburger maatjies: Wen twee Lollos kaartjies vir Saterdag se vertoning!

Die mooiste foto wen twee kaartjies vir jou en 'n maatjie (of mamma) na die Lollos-Mallemeule vertoning!

Beste Lollos maatjies: Hierdie is spesiaal net vir julle! Lollos het vir die Steelburger/Lydenburg Nuus twee kaartjies gegee wat ons vir die grootste Lollos aanhanger en ‘n maatjie kan gee vir Saterdag se vertoning by Lewende Woord.

Al wat julle hoef te doen is om ‘n foto van julle met ‘n CD, hempie, Lollos pop of self getekende Lollos prentjie te stuur na narda@lowvelder.co.za

Mamma kan dit ook Whatsapp na 0835543961. Vra mamma om asseblief jou naam, van en haar selfoon nommer aan te heg. Die mooiste foto wen twee kaartjies vir jou, jou boetie, sussie,’n maatjie (of mamma) na die Lollos-Mallemeule vertoning!

Die vertoning begin om 10:00 die oggend. Opskud, ons sien daarna uit om julle pragtige kiekies te ontvang. Die wenner word Vrydag aangekondig. Die kaartjies sal by die deur beskikbaar wees onder die wenner se naam en van.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button