Editor's choiceLocal newsNewsNews

Hawelose man dood aangetref

Die man het gereeld by die vierrigtingstop op die hoek van Barac- en Voortrekkerstraat gebedel met ‘n bordjie wat vra vir R2 of ‘n glimlag.

LYDENBURG – ‘n Hawelose man is vermoedelik op sy 53ste verjaarsdag oorlede.
Dié man is by Spaar-O-Rama se posbusse dood aangetref en het vermoedelik gisteraand (Woensdag) op sy verjaarsdag gesterf.
Die man het gereeld by die vierrigtingstop op die hoek van Barac- en Voortrekkerstraat gebedel met ‘n bordjie wat vra vir R2 of ‘n glimlag.
Volgens Deon Broekman van die plaaslike brandweer is hy ontbied nadat verbygangers vermoed het dat die man dood is. “Hulle het aanvanklik gedink hy slaap, maar toe agtergekom dat hy nie asem haal nie. Hy is dood verklaar toe ons op die toneel opgedaag het. Die lyk is deur Martins Funerals verwyder. Ons vermoed dat hy al gisteraand dood is, moontlik aan natuurlike oorsake. Die lykskouing sal egter meer lig op sy dood werp.”
Dit is nog nie seker of al sy naasbestaandes in kennis gestel is van sy dood nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button