Local newsNews

Dié skiwis nie skugter om in kalklig te skitter

Oud en jonk het verlede week Hoërskool Nelspruit se skiwikonsert terdeë geniet. Dit was deel van die gr. 8's se bekendstellingsprogam.

MBOMBELA – Vanjaar se weergawe is losweg op verskeie animasierolprente en fiksiekarakters gebaseer en het oudergewoonte vir lekker lag en pret gesorg.

Nuwe personeellede het ook die kans gekry om op die verhoog te verskyn.

Leerlinge neem in hul huise, die Atheners, Trojane en Spartane deel en die Peanut Hero-beker is op die spel.

Wat die jaarlikse produksie so uniek maak, is dat dit uit die pen van die leerlinge self kom. Seniors word ingespan om die finale produk op die planke te bring.

Elke span word in drie kategorieë deur onnies en die gemeenskap beoordeel: dans, drama en sang.

Die beste akteur en aktrise word ook beoordeel.

Groepitems word so ver moontlik aangemoedig en humor is ‘n moet, veral in verband met kleredrag.

Hierdie jaar se konsert vertel die storie van ooievaars, dwergies en allerhande gediertes in die land van NHS, waar babas in baas-babas verander word – ten spyte van ma’s wat hulle graag klein wil hou.

Die NHS-korps kry wel uiteindelik die babas gemeet, geweeg en vind hulle uitnemend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button