Gebarste afvoerpyp in West Acres lei tot onwettige stortingsterrein
Oorskotmateriale het oorgebly na die herstel van 'n afvoerpyp wat daartoe gelei het dat die gemeenskap dit as onwettige stortgrond gebruik.
‘n Gebarste afvoerpyp by ‘n perseel in West Acres het tot onwettige storting gelei en die inwoners van die buurt is beslis nie beïndruk nie.
Rina de Beer vertel dat die pyp al in Desember gebars het. “In Januarie het die munisipaliteit gekom en ‘n paal geplant, maar hulle het eers in Februarie die afvoerpyp kom herstel,” verduidelik sy.
“Nadat hulle die pyp en die pad pad herstel het, het hulle nooit die oorskotmateriale verwyder nie.

“Die gemeenskap het intussen hulle rommel daar begin stort en die plek lyk aaklig,” kla De Beer.
Joseph Ngala, woordvoerder vir Mbombela-munisipaliteit, sê dat dit die verantwoordelikheid van Sembcorp Silulumanzi is.
Laasgenoemde het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.
Lees ook: Onwettige storting steeds ‘n groot probleem
