Hard newsNewsNews

Kerkdienstye vir paasnaweek

Indien jy nog nie planne vir hierdie naweek het nie, kan jy gerus 'n diens of ander verrigtinge by een van die kerke bywoon

MBOMBELA – Paasfees begin vanjaar op 30 Maart met die Christelike vakansiedag, Goeie Vrydag en duur tot Paassondag 1 April. Maandag 2 April is ‘n openbare vakansiedag en het as sulks geen betrekking op Paasfees nie.

 
Dit kan net ‘n verrykende ervaring vir Christengelowiges sowel as soekende siele wees.

 
“Paasfees se ware betekenis gaan oor God se groot liefde vir ons, Hy het alles gegee wat Hy moontlik kon om in hierdie verhouding met ons te staan.

 
“Hy het ‘n baie duur geskenk, sy eie Seun, vir ons gegee. Ons rou dus oor die lyding, maar vier ook die opstanding en vreugde van oorwinning,” het ds. Eliska Muller van NG Westergloed gesê.

 

Dienstye:

• AGS Communio Kerk
Goeie Vrydag – 08:30
Paassondag – 08:30 (Afrikaans) en
10:30 (Engels)
• Christian Revival Church
Goeie Vrydag – 09:00
Paassondag – 09:30 en 18:00
• Church Unlimited
Mbombela
Goeie Vrydag – 08:00
Paassondag – 08:00
Witrivier
Goeie Vrydag – 08:00
Paassondag – 09:00
Kaapsehoop
Goeie Vrydag – 08:30
Paassondag – 09:00
• Gereformeerde Kerk Nelspruit
Goeie Vrydag (Paasdiens en
nagmaal) – 09:00
Paassondag – 09:00 en 18:00
• Hervormde Kerk
Donderdag 29 Maart (Paasdiens en Nagmaal) – 18:30
Paassondag – 06:00 (‘n Nuwe dag breek in die kerk)
• Manna Kerk
Donderdag 29 Maart (Paasdiens) – 18:00
Paassondag – 09:00
• Metodistekerk
Goeie Vrydag – 08:30
Paassondag – 08:30
• NG Kerk Nelspruit (Moedergemeente)
Donderdag 29 Maart (Paasdiens) – 18:00
Paassondag – Erediens by Ella Combrinck Kampterrein – 09:00
• NG Westergloed Mbombela
Donderdagaand – 18:00
Paassondag – 08:00.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button