Local newsNews

Spookasem is ‘n inkomste en passie vir hierdie plaaslike inwoner

Vir baie is spookasem net nog 'n lekkerny wat hulle by kinderpartytjies of feeste eet, maar vir Stephan Lombard is dit sy brood en botter.

Hy verkoop hierdie soetigheid by Sonpark-inkopiesentrum en ook op die hoek van Ehmke- en Skoolstraat waar hy sy eie stalletjie het. Verder is hy ook by feeste en markte te sien. Dinge in Lombard se lewe is egter glad nie so lekker soos sy werk nie. Na ‘n motorongeluk en drie beroertes moes hy afstand doen van sy werk as finansiële makelaar.

“Ek het vyf jaar gelede met hierdie besigheid begin. Ek het die spookasemmasjien aanvanklik vir my seun gekoop, maar hy het later self begin om geld te maak,” verduidelik Lombard. Hy bieg dat dit egter nie vir hom net oor geld maak gaan nie. “Dit is vir my lekker om met kinders te werk en die glimlaggies op hulle gesigte te sien wanneer hulle die spookasem vashou.”

Sy eie seun bly ver van hom af en Lombard sien hom net een maal elke drie maande, “Maar hy doen goed vir homself,” vertel hy trots. In sy oë is spookasem nie net vir kinders nie.

“Dit maak kinders soet en grootmense jonger,” en hy spog ook graag “daar is minder suiker in my spookasem as in ‘n blikkie Coke.”

Wat aanvanklik ‘n bitter oomblik in Lombard se lewe was, het hy beslis omgedraai om vir homself ‘n suikersoet toekoms te verseker.

LEES OOK: Vind jou vlerke by ‘n plaaslike VLU-tak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button