Hard newsLocal newsNews

FOTO’S: Die geskiedenis van Afrikaans in Konsert Huiz se nuutste produksie

Die produksie was ook by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees te sien.

Afrikaans se reis van 1652 tot nou word weergegee in Dis Afrikaans, My Kind. Die produksie het verlede Vrydagaand op die Konsert Huiz-verhoog gedebuteer ter voorbereiding van hul optredes by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees.


Mbombela se eie drie divas Natascha C, Anne-Mari White en Karien van Niekerk speel in die produksie saam met Riaan Loubser en Henry-John Williams. Laasgenoemde het ook die stuk geskryf en verbreek vir die eerste keer sy stilte agter die klawers.


Met die verwerking van ou Afrikaanse gunstelinge in keurspelle sowel as ‘n puttige teks, neem die produksie jou op ‘n reis deur die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse geskiedenis.


Liedjies in die produksie sluit in “Kyk Hoe Ek Deur Jou Vingers Val”, “Kyk Hoe Glinster die Maan”, “Ballade vir ‘n Enkeling” en “Harlekyn”.

LEES OOK: Plaaslike aktrise deel hart van vrouewees in toneelstuk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button