Hard newsLocal newsNews

Geharde rockers, maak dié datum vas

BosRock bring op 6 Oktober ou-skool harde rock nou na die Laeveld by Kwanyoni Lodge.

MBOMBELA – Twee mans se liefde vir goeie rockmusiek het na ‘n toevallige ontmoeting gestalte gekry in BosRock.

Beide Jacques Viljoen, hoofbestuurder van Kwanyoni Lodge & Restaurant, en Laevelder se redakteur, De Wet Potgieter, deel ‘n groot liefde vir musiek.

“Ons musieksmaak is dieselfde,” vertel Viljoen. “Ons het oor ‘n bier ontmoet en hy het my vertel van sy jarelange droom van ‘n ou-skoolse rockkonsert. Hy het net ‘n venue gesoek. Ons het een en een bymekaar gesit en daardie vinnige geselsie is nou ‘n realiteit.”

Die lodge is geen vreemdeling vir rockkonserte nie: drie jaar gelede het hulle Rock of the Bushveld aangebied, met onder andere aKING en Black Cat Bones.

The Black Cat Bones is vanjaar op BosRock se program.
Waar waar Rock of the Bushveld vir die jonger geslag was, is BosRock meer op ouer rockers gemik.
“Daar is steeds die harder element in Black Cat Bones, maar dit is ook vir die ouer garde,” sê Viljoen.

Die gehoor gaan in die buitelug by die pragtige venue sit, met ‘n lekker atmosfeer, goeie musiek en uitstekende klank. Verwag styl en klas.

SIEN MEER: BosRock bringing old school rock to the Lowveld

Mel Botes se Storm Produktionz reël dit. Die RIDERS, met Botes, Valiant Swart, Piet Botha en Robin Auld as kernlede is die hooftrekpleister met ‘n addisionele twee wat later aangekondig sal word.

Boonop is dit elektriese kitare wat almal deur legendariese maestro’s bespeel word – almal saam, twee-twee, drie op ‘n keer en alles saam met ‘n volledige band op dromme, baskitaar en klawerbord.

Jy kan uitsien na jou ou gunsteling-“klassieke” rockmusiek van Bruce Springsteen, The Doors, Pink Floyd, Led Zeppelin en ZZ Top, tot die rockers se eie songs.

“Dit is soos ou rooiwyn,” sê Viljoen. “Hulle word net beter.”

Dan is daar ook die Laeveld se eie gewilde plaaslike rockers. Die volledige program sal nader aan die tyd bevestig word maar maak solank die datum vas.

LEES OOK: Outbreak of unknown illness affects 155 people

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button