Hard newsLocal newsNews

Vriende staam saam om vrygewige sangeres te help

Die groep Havanna se Ilse Muller sterk steeds aan sedert sy en Dewald Scheepers op 1 Junie in 'n gruongeluk was. 

MBOMBELA – Laevelder het destyds berig hoe hulle die aand in ‘n motorongeluk was. Scheepers is in Milpark Hospitaal behandel. Muller het haar neus, sleutelbeen, ‘n rib en haar voete beseer.

LEES MEER: Local muso in ICU after collision that claimed tourist’s life

Aangesien sy nog nie weer kon optree nie, het haar vriende besluit om vir haar ‘n konsert te reël. Dit word Donderdag gehou.

Unigrad se Riaan Loubser, wat ook betrokke is by Konsert Huiz wat gereeld konserte in die stad aanbied, verduidelik dat Ilse uit haar optredes en sang ‘n bestaan maak maar sedert die ongeluk om verskeie redes nog nie weer kon optree nie.

“Dit gaan ‘n lang tyd neem voordat sy weer op die verhoog sal kan gaan.”

Loubser vertel dat Koos Schoonraad vir Loubser en Sakkie Coetzer van AVS Hire genader het met die idee dat ‘n konsert ten bate van Muller gereël word.

SIEN OOK: CMDA wishes local muso well after car crash on Friday

Vriende van Ilse in Konsert is oop vir die publiek en die koste per kaartjie is ‘n donasie. Die plaaslike kunstenaars, klank en venue word alles geborg sodat alle fondse na Muller kan gaan.

“Ilse sê altyd ja om vir welsyn gratis op te tree en ons voel dit is nou tyd dat daar vir haar gegee word,” sê Loubser.

Die plaaslike kunstenaars wat optree is die Drie Divas, Hardus Hartzenberg, die Laeveldse gemeenskapsorkes, en lede van Casterbridge se musiekakademie. Die gewilde produksie Dis Afrikaans my Kind gaan ook opgevoer word.

Vriende van Ilse in Konser word Donderdag 2 Augustus om 18:30 by Communio-kerk aangebied. Toegang is ‘n kontantskenking.

Vir meer inligting, kontak events@unigradcollege.co.za of 082-559-1108.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button