Editor's choiceNewsNewsBreaking News

Dogter helder oordag aangerand; gebyt

Sy was erg getraumatiseerd. Sy is van die fiets afgestamp en rondgepluk. Toe sy nie die fiets wou los nie, het hy haar aan die arm gebyt.


LYDENBURG – ‘n 16-jarige dogter is vanmiddag net na 15:00 aangerand op die Sterkspruit plottepad. Rochelle Woest was besig om haar fiets huis toe te ry toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Cathy Schutte by wie Rochelle en haar ma Ronel bly, het Elize Baynes gesien hoe die voorval plaasvind. “Sy het Rochelle dadelik huistoe gebring. Sy was erg getraumatiseerd. Rochelle is van die fiets afgestamp en rondgepluk. Toe sy nie die fiets wou  los nie, het hy haar aan die arm gebyt.”

Schutte het dadelik gereël dat Rochelle behandeling ontvang by Lydenburg Mediese Sentrum. “Ons moet ander mense waarsku. Dit het helder oordag gebeur. Hier bly geweldig baie kinders in die omliggende komplekse.”

Die verdagte het tydens die voorval ‘n blou oorpakbroek, wit hemp en blou baadjie gedra. Hy het die baadjie uitgetrek toe hy deur omstanders agterna gesit is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button