Editor's choiceNewsBreaking News

Plaasaanval Roossenekal: Een vrou steeds soek

Die ander verdagte het gevlug in Gustav Klingbiel en is steeds soek. Daar is ook nog geen teken van Otto se vriendin nie en die soektog na haar is weer hervat.

LYDENBURG – Een vrou is wreed aangerand en ‘n ander steeds soek na ‘n plaasaanval op Roossenekal gisteraand net na 21:00.

Deon Broekman van Rapid Response het gisteraand gereageer op ‘n oproep van plaasaanval waar ‘n vrou vanuit ‘n voertuig geslinger is naby Jaap se Hoogte op die pad.

Die vrou wat vanuit die voertuig geslinger is, Gina Otto, het aan nooddienspersoneel vertel dat beide sy en haar vriendin na die aanval in Otto se silver VW Polo gelaai is.

“Otto beweer dat haar vriendin in ‘n laken toegedraai is en eerste vanuit die kar gegooi. Sy is na dit ook uit die voortuig gegooi,” verduidelik Broekman.

Die naam van haar vriendin is nog onbekend op die stadium.

Broekman, Lydenburg SAPS, boere, vrywilligers en verskeie plaaslike sekuriteitsmaatskappye het dadelik begin om die gebied te fynkam. ‘n Uitkyk vir Otto se Polo is ook op verskeie groepe uitgestuur.

Die span het na ‘n selfoonsein van Otto se foon terugbeweeg Lydenburg toe. Om 00:45 het Lydenburg SAPS die voertuig in Voortrekkerstraat gewaar en hoespoed jaagtog het gevolg. ‘n Oor-en-weer skietery het plaasgevind en een van die verdagtes is noodlottig gewond. Hy is op die toneel dood.

Die ander verdagte het gevlug in Gustav Klingbiel en is steeds soek. Daar is ook nog geen teken van Otto se vriendin nie en die soektog na haar is weer hervat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button