Jong sangers laat hul klokhelder stemme weerklink
Die vokale afdeling van die Nelspruit Eisteddfod het Maandag letterlik op 'n hoë noot afgeskop en het ook die res van die week optredes van hoogstaande gehalte aangebied.

MBOMBELA – Met genres soos pop, Broadway, akoestiek en rock, om net ‘n paar te noem, het 466 sangers die verhoog betree.
Volgens die hoof van die vokale afdeling, Braam Smit was daar egter ook ‘n vals noot wat verrigtinge ietwat ontwrig het.
Protesaksies wat sedert verlede week oral in die Laeveld kop uitgesteek het, het sommige sangers verhoed om betyds te wees of om enigsins op te tree.
ALSO READ: What a long way to boo

By die vokaal: eie keuse-afdeling het sy sangers aangemoedig om aan hul selfvertroue te werk en altyd seker te maak dat hulle verhooggereed is wanneer hulle aan so ‘n kompetisie deelneem.
ALSO READ: Award-winning songstress an adjudicator at this year’s eisteddfod
“Ek penaliseer nie gewoonlik vir senuwees wanneer ek beoordeel nie, tensy dit jou optrede so beïnvloed dat jy nie meer in stemming met die musiek is nie,” het Minnaar gesê.

Dit is ook onder sy leiding dat die jaarlikse Songs of Praise Sondag by die Nederduitsch Hervormde Kerk aangebied word.
