Seun (17) vermis: Gemeenskap word gevra vir hulp
Volgens die sekuriteit het 'n voertuig hom glo by die hek kom oplaai die betrokke aand.

LYDENBURG – Franchis de Beer (17) het op 27 Augustus spoorloos verdwyn uit sy ouerhuis in Goudstraat.
Sy selfoon is was tot dievolgende dag omstreeks 04:30 aan. Volgens sy ma, Fransiska, het hy glo die vorige dag sy fiets weggegee. Sekuriteitspersoneel in die kompleks het glo die ouerpaar daarvan in kennisgestel na Franchis vermis geraak het.
“Ek het onlangs ‘n heupvervanging gehad. Ons sluit snags al die deure in die huis en die sleutel word in my bedkassie gebêre tot my man van die werk af kom. Franchis het omstreeks 21:00 die betrokke aand vir my en sy suster nag kom sê. As hy enigsins die sleutel uit die kassie kom haal het, sou ek dit gehoor het.”
Volgens haar was dit vreemd dat al die deure in die huis dievolgende dag gesluit was. “Hy is bang vir die donker. Volgens die sekuriteit het ‘n voertuig hom glo by die hek kom oplaai die betrokke aand.”
Die egpaar gaan nou poog om videomateriaal van die betrokke aand te bekom.
“Ons het reeds ‘n kind aan die dood af gestaan. Die onsekerheid om te weet waar jou kind is, of hy warm is of veilig is, is verskriklik.”
‘n Vermiste persoon saak is reeds by Lydenburg SAPS oopgemaak en die Pink Ladies is reeds besig om inligting oor Franchis te versprei.
Enige moontlike inligting rakende Franchis se verdwying kan deurgegee word aan sy pa Chris 074-834-5827 of ma Fransiska de Beer by 061-969-7305.
