Editor's choiceNewsNews

Trok vat vlam in hoofstraat

Volgens Broekman is die oorsaak van die brand die trok se remme.

LYDENBURG – Inwoners van Voortrekkerstraat het net na middernag wakker geskrik van wat hulle aanvanklik gedink geweerskote was.

Verskeie noodtekste is uitgestuur en daar is vinnig vasgestel dat dit ‘n trok is wat aan die brand geslaan het.

Rapid Response, die plaaslike brandweer, is intussen in kennis gestel en hoof-brandweerman Deon Broekman en sy span was binne minute op die toneel.

Die trok, wat gebruik word vir die vervoer van abnormale vragte, se vragmotor kajuit is ontkoppel van die wa om te verhoed dat dit ook in die slag bly.  Die brandende trok se wa is binne minute geblus.

Volgens Broekman is die oorsaak van die brand die trok se remme. “Die trok het gery vanaf die Longtompas. Die remme het natuurlik warm geword en aan die brand geslaan. Dié tipe trok is in elkgeval nie veronderstel om die tyd van die aand op die pad te wees nie.”

Die toneel is na die brand opgeruim en die bak van die trok is verwyder. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button