Bejaarde met krat doodgeslaan/Elderly man killed with crate
Hy is op die toneel dood. He died on the scene.

LYDENBURG – ‘n Bejaarde man is vanoggend ten aanskoue van kliënte by Shoprite in De Qlerkstraat doodgeslaan.
Die moord het net na 08:00 by die supermark plaasgevind.
Die voorval het gebeur kort na die verdagte glo brood met ‘n trollie by die aflaaipunt van die winkel uit gestoot het.
Die oorledene, wat intussen as Rick Lovelock (59) deur die SAPS geidentifiseer is, het die verdagte gekonfronteer nadat hy glo sy voertuig met die trollie gekrap het.
‘n Woordwisseling het ontstaan en volgens getuies op die toneel het die verdagte Lovelock glo geslaan, gespoeg en met ‘n krat oor die kop geslaan.
Hy is op die toneel dood. Die verdagte het op die vlug geslaan na die moord en is steeds soek.
Kapt. Alfred Moela het die voorval bevestig en meen dat die ondersoek steeds voortduur. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ons pleit dat enige iemand met enige informasie so gou as moontlik die SAPS skakel.”
ENGLISH
An elderly man was killed at Shoprite in De Qlerk Street this morning just after 08:00.
The incident occurred after the suspect was apparently pushing a trolley filled with bread out the dropoff point at the store.
According to reports the deseased, identified as Rick Lovelock by SAPS, confronted the suspect after allegedly scratching his vehicle with the trolley.
An argument ensued and, according to witnesses on the scene, the suspect allegedly hit Lovelock and spat on him before hitting him over the head with a crate.
He died on the scene. The suspect immediately fled the scene after the incident and is still at large.
Capt. Alfred Moela confirmed the incident and said that the investigation continues. “Nobody has been arrested yet and we ask that anyone with any information contact the SAPS as soon as possible.”
