Rusoord hou kersmark
Die Kersmark wat Vrydagmiddag afgeksop het, was Rusoord Ouetehuis se laaste fondsinsamelingsprojek van die jaar

Geld wat met hierdie mark ingesamel is, gaan vir die bou van ‘n sterwenskamer waar familie, vriende en kennisse in privaatheid van ‘n dierbare kan afskeid neem.
Daar was soos altyd, baie stalletjies met allerlei artikels te koop. Lydenburgers kon hier ook ‘n laaste Kersgeskenk kom uitsoek.
Jeanetta Kruger, bestuurder van die ouetehuis bedank almal wat stalletjies opgeslaan het. “Dit was ‘n heerlike Kersmark, almal was vrolik en opgeruimd. Die aand is afgeluit met Kersliedere by kerslig wat die bejaardes baie geniet het,” vertel sy.
Daar is nog vleispakkies, gemmerbier, wildswors en biltong oor wat by die kombuis van die ouetehuis te koop is. Skakel Jeanette by 013-235-2146 vir bestellings.







