Editor's choiceLocal newsNewsNewsBreaking News
Busongeluk; Uitblinker seun oorlede
Boodskappe van medelye het reeds Sondag ingestroom op Facebook oor die skielike verlies van die uitblinker seun.

STEELPOORT – Die 13-jarige seun wat Sondag tydens ‘n busongeluk oorlede is, is geidentifiseer as Gideon Miller.
Gideon was hoofseun van Steelpoort Akademie verlede jaar en ‘n skrander leerder.
Hy was oppad na HTS Middelburg waar hy tans skoolgaan, vanaf Steelpoort toe die bus waarin hy en ander leerders gery het, omgeslaan het op die nat pad.
Gideon was noodlottig beseer toe hy tydens die ongeluk onder die bus beland het.
Boodskappe van medelye het reeds Sondag ingestroom op Facebook oor die skielike verlies van die uitblinker seun.
Steelburger/Lydenburg Nuus betoon ons meegevoel aan die gesin met hulle groot verlies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
