Editor's choiceLocal newsNewsNewsBreaking News

Man per helikopter gevlieg na hartaanval

Volgens Denysschen is Claasen in 'n baie ernstige toestand en het hy al vantevore 'n hartaanval gehad. Hy word deur sy kardioloog by Medi-Clinic Nelspruit ingewag.

LYDENBURG – Die bystand van Mpumalanga departement van gesondheid se Halo helikopter moes vanmiddag net na 14:00 ingeroep word. Dit volg na Stephanus Claasen (63) ‘n hartaanval by sy huis in Schoemanstraat gehad het.

Netcare 911 se Andre Denysschen en Swift EMS se Willem Jordaan moes Claasen eers tuis stabiliseer, voor hy na die Mediese Sentrum in Viljoenstraat gehaas is.

By die sentrum het Denysschen dadelik gereël vir die vlug van die helikopter. Swift EMS en Rapid Response was spoedig op toneel om te sorg dat die nodige veiligheidsmaatreels in plek is vir die land van die helikopter.

Volgens Denysschen is Claasen in ‘n baie ernstige toestand en het hy al vantevore ‘n hartaanval gehad. Hy word deur sy kardioloog by Medi-Clinic Nelspruit ingewag.

Die straat was vir ongeveer ‘n uur afgesper vir die landing en vertrek van die helikopter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button