Editor's choiceLocal newsNewsNewsBreaking News

Katgriep pandemie by skuiling

Volgens Steyn mag Schutte vir ongeveer vier maande geen honde inneem nie.

LYDENBURG – Home 4 Paws kan moontlik al sy honde verloor.

Dit volg na die hoogsaansteeklike hondesiekte Katgriep onlangs uitgebreek het by dié skuiling. Volgens Cathy Schutte van Home 4 Paws het sy in net bietjie meer as ‘n week al 15 honde verloor.

Dr Jannie Steyn van Lydenburg Dierespreekkamer het die voorvalle bevestig. “Ons het die afgelope ruk soveel klein hondjies verloor as gevolg van die Parvo-virus. Tot en met 99 persent van alle honde wat Katgriep kry is onder ‘n jaar. Dié jaar het ons egter ouer honde gekry wat die virus opgedoen het.”

Volgens Steyn mag Schutte vir ongeveer vier maande geen honde inneem nie. “Nie klein hondjies nie en ook nie volwasse honde nie.  Katgriep is ‘n hoogsaansteeklike virus en honde gaan gewoonlik dood aan dehidrasie. Daar vind ook bloeding in die derms plaas.”

‘n Hond se beste kans op oorlewing bly egter om veeartsbehandeling te bekom. “Ons dien vloeistof direk in die are in. Die probleem met tuisbehandeling is dat die hond geneig is om alle vloeistowwe op te bring. Daar kom ook sekondêre infeksies voor en daarvoor dien ons dan ook behandeling toe.”

Die virus het moontlik posgevat by die skuiling na ‘n Schutte in die feestyd 45 verlore honde ingeneem het. Intussen moet al haar hokke ontsmet en gesteriliseer word.

Alle voorvalle van dieremishandeling en rondloper diere moet vir tyd en wyl verwys word na die naaste DBV.

Simptome verskyn skielik. Kyk uit vir die volgende en kontak jou veearts vir verdere bystand:

  • Hoë koors
  • Lusteloosheid
  • Verlies van eetlus
  • Aanhoudende braking, skuim om die bek
  • Slegruikende diarree wat later bloederig word
  • Tandvleis wit of blouerig
  • Buikpyn
  • Vinnige ontwatering — dit lyk asof die hondjie ‘n paar honderd gram gewig verloor het

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button