Editor's choiceLocal newsNewsNews

Kinderlanders leer meer van brandgevaar

Deon Broekman en sy span van Rapid Response en Nomakanjani, verskaffers van brandbestrydings-toerusting, het elke kleuter die geleentheid gebied om 'n regte brandblusser en brandslang te hanteer.

LYDENBURG – Kleuters van Kinderland Boutique Kleuterskool het Woensdag ‘n aangename verrassing gekry toe die brandweer met loeiende sirenes by die skool opgedaag het.

Opgewonde kindergesiggies het vinnig nader gestaan om kennis te maak met die manne wat verantwoordelik is vir mense se veiligheid gedurende ‘n brand.

Deon Broekman, plaaslike brandweerman en sy span Rapid Response en Nomakanjani, verskaffers van brandbestrydings-toerusting, het elke kleuter die geleentheid gebied om ‘n regte brandblusser en brandslang te hanteer.

Kleuters is ook geleer van die gevare van ‘n brand en hoe om in sulke situasies op te tree. Daarna was hulle die geleentheid gegun om dié rooi-brandweerwa van binne te aanskou.

Lees meer oor die prettige en opvoedkundige dag in volgende week se uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button