Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews

Lentefees sluip al nader

Op 1 September is dit amptelik lente. Daar is geen beter manier om dit te vier as 'n lentefees nie. Soli Deo Gloria-sorgsentrum beplan op Saterdag 7 September 'n jolige dag waar Lydenburgers die dag kan kom geniet.

Benewens stalletjies sal daar speletjies, ‘n motoruitstalling (waar motors vir ‘n toetsrit geneem kan word), ‘n pretloop en -draf met pryse op die spel en vele ander gesinsvermaak wees. Die fees skop om 09:00 af.

Skryf in vir die Mnr. en Mej. Lentefees in die ouderdomsgroepe drie tot vyf, ses, 12, 13 en 17 jaar. Die top- 10 gaan vanaf 12:00 tot 14:00 die dag aangewys word.

Modelle gaan op die loopplank rokke en ander kledingstukke vertoon wat daarna op ‘n veiling as ‘n geldinsameling vir die sorgsentrum aangebied word. Die geleentheid sal van 17:00 tot 19:00 plaasvind waartydens die Mnr. en Mej. Lentefees aangekondig gaan word.

Dan is dit tyd vir ‘n opskop en gaan daar tot laataand gedans word. Diegene wat wil kan hul eie eetgoed in ‘n koelboks bring, maar kos en koeldrank sal ook te koop wees.

‘n Bonus vir die dag is die optrede van die Stevenson-Hamilton-doedelsakorkes wat om 14:00 ‘n uitvoering sal lewer.

Toegang is R20 per persoon en R10 vir kinders. Om ‘n stalletjie te bedryf kos R50. As jy aan die pretloop of -draf wil deelneem is dit R25 per persoon. Inskrywingsgeld vir die Mnr. en Mej. Lentefees is R50 per deelnemer en toegang vir die dans

R30 per persoon.

Inwoners kan gerus hierdie dag kom geniet en terselfdertyd ‘n verskil in minderbevoorregtes se lewens maak.

Vir meer inligting skakel Gerda by

072-402-6595 of Juliana by

072-946-0432.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button