Local newsNewsNews
Steelpoort Akademie landloop atlete geniet ‘n dag in die bos
Veertien landlopers van Steelpoort Akademie het gehardloop dat die stof staan tydens die Mpumalanga-kampioenskappe wat onlangs in Witrivier plaasgevind het.
Ongelukkig het die atlete nie gekwalifiseer vir verdere deelname nie, maar die skool is ongeag dit baie trots op elke atleet wat deelgeneem het en dat sommiges hul persoonlike beste tye verbeter het.
Dit was volgens die afrigters ‘n baie goed georganiseerde dag wat die leerders almal geniet het. Die landlopers is steeds aan die oefen om fiks te bly vir opkomende geleenthede.
Foto: Voor: Katlego Choma, Tshepiso Mokwena, Lilly Gwanyanya, Nollies Tlaka, Khutso Sekhukhune, Tefelo Mojalefa, Nkosi Mavuso, Denzil Matlou, (agter) Reitumetse Kekana, Okentse Ramasenya, Nontabeka Nkosi, Tshepeso Mabelane, Masechaba Muntsoane en Naledi Mchabeleng.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
