Onderbergers in Japan
"Dit was besonders om in Yokahama Stadion te staan en die nasionale volkslied te sing"

Verskeie Onderbergers is opgemerk by die wêreldbeker die afgelope tyd en het mekaar selfs onbepland daar raakgeloop. Hoe klein kan die wêreld nie wees nie.
LEES OOK: Golfdag-in-komati
Pastoor Danie du Preez van Gateway Gemeenskapskerk was genooi om saam met ‘n vriend Gert Kleinhans en sy seun Ryno van Belfast, die groot geleentheid by te woon. Hul was bevoorreg om kaartjies vir die openingsgeleentheid, sowel as die eerste wedstryd tussen Japan en Rusland in die hande te kry, aangesien hul reeds ‘n jaar gelede bespreek het. Hier kon hul ook 2 spelers uit eie bodem, naamlik Wimpie van der Walt en Lappies Laubuschagne wat vir Japan speel, in aksie sien.

“Dit was ‘n onvergeetlike geleentheid en belewenis om hier te wees. Dit was besonders om in Yokahoma stadion te staan en saam die naionale volkslied te kon sing, met die Bokke in afwagting op die veld. Ons het nou wel nie gewen nie, maar dit was oor en oor die geld werd om hier te wees.”
Groot was die 3 se verassing toe hul nog 2 Komatipoort inwoners, Gerrie en Andrè du Plessis van Novon raakloop by die Tokyo Dome hotel waar hul ook tuisgegaan het. Diè pa en seun was nie beskore om die opening by te woon nie, maar wel van die ander wedstryde. Hul het intussen huiswaarts gekeer en vlieg weer terug vir die semi-finaal. Die groep was aangegryp deur die stiptelikheid, netheid, hulpvaardigheid en vriendelikheid van die Japanese.
“Dit is ‘n wonderlike land en ons sal graag weer wil kom en meer tyd wil spandeer om die plek en mense beter te leer ken.”
Op pad na Japan, by Dubai lughawe, het die groep van 3 vir Erns Grundling, aanbieder van die program ELDERS, raakgeloop en ‘n foto saam geneem. Hywas ook onderweg na die Wêreldbeker. Nog ‘n Onderberger, mnr. Harry van Dyk van Novasun was voor die Wêreldbeker reeds daar en het ‘n ete saam met die Japanse Speler, Wimpie van der Walt in wie se rugbyloopbaan hy ‘n groot rol gespeel het, te geniet. Van der Walt het van St. 2 tot St. 5 in Komatipoort skool gegaan en sy hoërskoolloopbaan in Nelspruit voortgesit.

