Local newsNews

NHS, die nuwelinge Sing in Harmonie word vereer

Hulle het 'n welverdiende titel van beste nuwelinge in die sak gesteek.

MBOMBELA – Die meisieskoor van Hoërskool Nelspruit (NHS) se engelstemme het hulle by vanjaar se Sing in Harmonie die welverdiende titel van beste nuwelinge in die sak gebring.

Lees ook: Du Toit-Smuts and Partners and Lowvelder Golf Day has locals digging deep for charity

Dié koor, onder leiding van Elet Kruger, het op 12 Oktober by Gold Reef City by die Gauteng-finaal met dié gesogte prys weggestap. Volgens NHS se skakelbeampte, Janine Cronjé, is dit die eerste keer dat die skool se koor aan die grootste skoolkoor-kompetisie in Suid-Afrika deelneem.

Kruger sê hierdie klein groepie meisies het glad nie teruggestaan het vir die groot, gevestigde kore nie.
“Dit was vir al die koorlede baie spesiaal om in die pragtige teater op te tree, en vir baie van die meisies was die teaterervaring ook ‘n eerste. Dit was ‘n heerlike aand en daar het ‘n goeie gees geheers,” het Kruger bygevoeg.

WATCH: Grade 12 Examination Prayer Day

Die hoogtepunt was vir seker die oomblik toe die koor die toekenning ontvang het. “Dit was ‘n baie lekker gevoel. Ons het dit glad nie verwag nie,” het Kruger gesê.

Dit is dan ook Kruger se hoop dat die sukses van hierdie koor ander leerders sal inspireer om aan oudisies vir die koor deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button