Local newsNews

Bergvlam geografie-leerders besoek Bourke’s Luck

Vir baie van hulle was dit die eerste besoek aan die natuurwonder.

Die graad 10 geografie-leerders van Hoërskool Bergvlam het onlangs Bourke’s Luck Potholes in Graskop besoek om hulle vakkennis te verbeter. Vir baie van hulle was dit die eerste besoek aan die natuurwonder.

LEES OOK: Dames geniet die oggend saam met SAVF

Die kolkgate het ontstaan waar die Treurrivier en die Blyderivier ontmoet, en die water oor dekades erosie veroorsaak het. Die resultaat is ‘n reeks silindriese rotsbeelde wat amper soos die gate op die maan lyk.

LEES OOK: Laerskool Laeveld hou massa-atletiek

“Dit was vir my so lekker om te sien hoe die kinders kaalvoet oor die rotse stap, in die water te speel en ‘n roomys geniet. Ek hoop om volgende jaar weer die leerders op so ‘n uitstappie te kan neem,” sê Carmi Rademeyer, hul geografie-onderwyser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button