Local newsNews

Kudu-bergfietsuitdaging samel fondse in vir Dasha

Odendaal was opgewonde spesifiek oor die ses tegniese hindernisse wat opgestel is vir die fietsryers. Een van die hindernisse was die wipplank. Vier in 'n span kon deelneem aan die item.

Die Kudu-bergfietsuitdaging het onlangs by Lowveld High School (LHS) plaasgevind.

Angelique Odendaal, lid van die Nelspruit-fietsryklub, het die geleentheid georganiseer. LHS het die gronde beskikbaar gestel en die klub het vinnig begin beplan aan ‘n baan.

“Ons beoog om die uitdaging ‘n jaarlikse instelling te maak. Die jaar is die byeenkoms gehou ten bate van Dasha Foundation. Volgende jaar sal ons weer ‘n ander organisasie help,” sê Odendaal.

LEES OOK: Herinneringe van ‘n bakkery

Dasha is ‘n skool vir gestremde kinders gebaseer in Mbombela. Hulle wil graag hulle skool uitbrei na die eiendom langsaan; daarvoor vorder die Nelspruit-fietsryklub die jaar by die Kudu-uitdaging vir die skool geld in. Odendaal nooi almal uit om te begin fietsry, en meen dat dit baie makliker is as hardloop, omdat jy met afdraendes so bietjie asem kan skep.

Neo Sibiya

Odendaal voeg by: “Dit is ook beter vir beginners om eers ‘n tweedehandse fiets te koop, want jy groei baie vinnig uit ‘n fiets uit, dan koop jy nuut.” Vir vroue stel sy voor om ‘n soft tail te koop; dit is nou die fiets met die skokbreker aan die agterkant. Dit maak wel die fiets ‘n bietjie stadiger.

Dasha het ook hulle jaarlikse markdag by die geleentheid gehou en die hoërskool se biertuin was ook oop met die rugby op die groot skerm.

LEES OOK: Laurika Rauch beskermvrou van ‘n woordeboek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button