Feesvieringe saam met Innibos innihuis
Innibos het met Coleske Artists, die klank en beligtingsreus MGG, klankingenieur Murray Lubbe, die produksiemaatskappy BF Pro, en Computicket saamgespan om vir feesgangers ʼn digitale fees aan te bied. Hier is hoe dit werk en hoe jy kaartjies kan wen...

Twee gelukkige feesgangers staan ‘n kans om elkeen kaartjies te wen na die kykNET-Verjaarsdagkonsert wat vanaf 26 Junie aanlyn gestroom word vir Innibos Digitaal!
Om in te skryf, gaan na die Laevelder Facebook-blad by dié skakel en vertel vir ons hoekom Innibos jou gunsteling kunsfeees is. Los jou antwoord saam met jou naam, van en kontaknommer. Kompetisie sluit 25 Junie en wenners sal 26 Junie aangekondig word op die Laevelder Facebook-blad.
Meer as 20 produksies is vooraf opgeneem en geredigeer vir Innibos Digitaal en sal vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 gestroom kan word. Hierdie produksies gaan tot 31 Desember (6 maande) beskikbaar wees om te koop.
Dit is ’n manier vir talle kunstenaars om tydens die inperking nog steeds ʼn inkomste te genereer.
Besoek gerus die Innibos-webwerf vir meer inligting oor die program. Hou ook die Innibos Facebook-blad dop vir hoogtepunte op die program.

Hoe werk Innibos Digitaal?
• Jy koop aanlyn ʼn kaartjie by Computicket.

Hoe om aanlyn by Computicket kaartjies te koop:
• Gaan na die Computicket-webtuiste en kliek op “Log in”.
• Gebruik dieselfde e-posadres en wagwoord van jou rekening by Computicket. As jy nog nie voorheen kaartjies gekoop het nie, kan jy baie maklik en vinnig net registreer met jou e-posadres en ʼn wagwoord van jou keuse.
• Kliek op “My Transactions” en die vertoning/s wat jy gekoop het, word vertoon.
• Kliek op die “play” icon op die prentjie. Sit terug en geniet die vertoning.
Maak asb seker dat jy die oorspronklike e-posadres gebruik waarmee jy die eerste keer by Computicket geregistreer het. Jy koop net een kaartjie en dan kan die hele familie saam met jou daarna kyk.




