Leer bestuur op regte toetsbaan
"Daar is parallel-parkeer, 'n drie-punt-draai en opwaartse wegtrek."

MBOMBELA – ‘n Nuwe bestuurskoolbaan het onlangs sy verskyning gemaak op die boonste parkeerarea van i’langa-winkelsentrum.
Volgens Johan Nel, eienaar van Driven in Excellence, is dit die enigste oefenbaan in Mbombela in hierdie stadium.
“Volgens wet mag mense nie oefen op die baan waar hulle die toets doen nie, en ek het dit goed gedink om die baan oop te maak sodat diegene wat besig is met hul bestuurderslisensies, ‘n plek sal hê om te oefen,” vertel Nel.
Dit het glo alles wat ‘n leerlingbestuurder nodig het om ten volle hulle toets te slaag.
“Daar is parallel-parkeer, ‘n drie-punt-draai en opwaartse wegtrek,” sê hy.
Die publiek kan die baan by Nel bespreek, wie dan ook as instrukteer sal toesig hou. Kontak hom direk by 073-631-8682.
LEES OOK: Grondgrypers reeds tuis in Karino-vallei
