Local newsNews

Die ou stasiebuurt op Komatipoort

Wie onthou toe die buurt om die stasie nog deel van die ou sakehart van Komatipoort was? 

Corridor Gazette het onlangs daar gaan rondloop. Die ou hotel staan leeg en die twee gewelwinkels is erg verslete.

Oorkant die pad word die mooi stasiegebou uit 1945 met sy Spaanse boustyl wat vroeër so gewild hier in die Laeveld was, nog redelik onderhou, maar daar is nie meer veel meer bedrywighede nie.

Die ou hotel op Komatipoort. Onthou iemand nog die naam?

Ek twyfel of enige passasierstreiene nog hier stilhou – of enigsins nog hier verby kom.

Dit sou gaaf wees as iemand nog iets onthou en ons per e-pos kan laat weet, veral as daar iewers nog ou foto’s beskikbaar is van hoe die vroeër hier gelyk het. Kontak marius@lowveldmedia.co.za.

Die winkels oorkant die stasie.

Ons gaan die foto’s ook op die Onderbergers en die Laevelders Facebook-groepe plaas in die hoop dat iemand ons nog een of meer van die ou stasiebuurt kan meedeel.

LEES OOK: Yorkie waarsku inwoners oor twee-meter mamba in leefvertrek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button