Local newsNewsNewsSchools

Hoërskool Rob Ferreira vereer beste akademiese leerders

Die duxleerder het 'n gemiddeld van 85 %, en sy het die beste prestasies in Afrikaans-huistaal  (90 %), lewenswetenskap (91 %) en RTT (92 %) behaal.

Hoërskool Rob Ferreira het onlangs sy beste akademiese leerders tydens die prysuitdeling vereer.

Die duxleerder was Duné Buitendag met ‘n gemiddeld van 85 %, en sy het die beste prestasies in Afrikaans-huistaal (90 %), lewenswetenskap (91 %) en RTT (92 %) behaal. Kort op haar hakke in die matriekgroep was Sarang Kadampanalmana met ‘n gemiddeld van 83,7 % en Serisma Loots met 82,8 %.

Die volgende was die top drie in elke jaargroep:

Gr. 11
• Lanique Oberholzer (88,3 %)
• Dasha du Toit (88,2 %)
• Marthinus le Roux (86,3 %)

Gr. 10
• Eleoné de Lange (85,7 %)
• Tanaka Muneri (85 %)
• Jenitha Jimmy (84,3 %)

LEES OOK: Robbies hou stylvolle piekniek

Gr. 9
• Kevin Pulikkal (88 %)
• Koeun Park (87,3 %)
• Odette Camara (86,9 %)

Gr. 8
• Callum Crawford (85,1 %)
• Unathi Ngomane (83,2 %)
• Daniël Green (81,2 %).

Die Omnia-toekenning is gegee aan Ancia Roux. Dit is Rob Ferreira se hoogste toekenning aan ‘n gr. 12-leerder. Om hierdie toekenning te kon kry, moes sy op akademiese, sport en kulturele gebied presteer het.

Ancia is sewende op die akademiese top-10 met ‘n gemiddeld van 79,7 %. Sy neem deel aan die Mpumalanga-atletiekbyeenkoms en verwerf ‘n silwermedalje in 100 m-hekkies. Sy is ‘n Mpumalanga-skeidsregter en dans in die Nasionale Eisteddfodd met ‘n A++ prestasie.

Ancia was ook die sporthoofmeisie van 2020.

Ancia Roux.

LEES OOK: Dans- en drama-produksie vier die seisoene van die lewe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button