Liefde blom by Bingelela Valentynsfliek
The Notebook was die gekose fliek vir die spesiale geleentheid.

Liefde het geblom onder die Laevelders wat die Valentynsfliek Saterdagaand by die Bingelela Drive Inn Theatre bygewoon het.
“Ons is baie dankbaar dat die weer saamgespeel het en dat almal die fliek kon geniet,” sê Petro Bekker, eienaar van Bingelela.
“Ek wil net so baie dankie sê vir die mense wat altyd bereid is om te help. Theolize, Isabel, Jacques-Louis en Anro – baie dankie vir al julle hulp met die inboek en die reëlings.” Bekker het ook vir Barbara Kuhn bedank vir die hantering van Bingelela Drive Inn Theatre se Facebook-blad en die aanlynbesprekings. Bekker wil mense daaraan herinner om die Facebook-blad te like en te volg om die datums van die volgende vertonings te ontvang. LEES OOK: Spuit-en-gaan by CANSA Shavathon
LEES OOK: Rangskik só jou pokergesig vir liefdadigheid
