VLU-Flamboyant hou maandelikse vergadering
Hier het vroue met eenderse waardes bymekaargekom en mekaar opgehef om sodoende 'n positiewe bydrae te kan lewer tot hulle gesinne en die gemeenskap.

Die maandelikse vergadering van die VLU se Flamboyanttak is Dinsdag 16 Februarie by die NG Suid-gemeente se lapa gehou.
Henry-John Williams was die gasspreker en het die vrouens ook vermaak. Williams is benoem as sanger/kunstenaar vir 2021 vir VLU Mpumalanga (VLUM).

Williams het vyf jaar se klassieke sangopleiding agter die blad en het die gehoor met sy helder stem bekoor, met treffers soos “Agter elke man”.
As binnenshuise ontwerper het hy ook idees en wenke bespreek na aanleiding van die tema van die oggend, dekor.
Hy het die huidige tendense in die binnenshuisversieringswêreld gedeel en foto’s gewys van projekte waaraan hy al gewerk het.
Die informele aktiwiteite is afgesluit deur ‘n gelukkige trekking van 2020 se fondsinsameling, waar lede en die publiek geskenke kon wen, onder andere ‘n skildery, handgemaakte bakke en ‘n geskenkpakkie geborg deur Mopani Apteek.
LEES OOK: Skaars orgideë blom die eerste keer in SA
