Nelspruit Gemeenskapsforum beoefen nuwe benadering tot liefdadigheid
Die Nelspruit Gemeenskapsforum (NGF) gaan van hierdie jaar dinge so ’n klein bietjie anders doen. Só het past. TJ Maré, besturende direkteur van die Mpumalanga Leadership Foundation, gesê vanuit die forum se nuwe permanente tuiste, die Damascus-plaas ongeveer 2 km uit op die Claremont-pad.

Een van die dinge wat hy eerstens wou duidelik maak was die voortbestaan van die NGF ten spyte van hulle onlangse skuif uit die middestad waar hulle byna 20 jaar gevestig was.
“Ons wil ook net dankie sê vir die NG Moedergemeente vir al die jare wat ons hulle perseel kon gebruik – en hulle het ons nie huur gevra nie.”

Dus word alle kernfuksies nou vanaf Damascus bedryf.
LEES OOK: Innibos In jou huis baat Dasha
Maré verduidelik die ander verandering só: “Aanvanklik het mense vir ontbyt gekom en gestort, en daar was mediese dienste gelewer en klere beskikbaar. Dan het hulle weer gegaan en vir middagete teruggekom. Dit was vir amper 20 jaar so.
Daar het ook opleiding en rehabilitasie plaasgevind om mense te bemagtig.
“Die nuwe model sê jy moet bydra tot dit wat jy kry. Ons het dit nou al ‘n bietjie begin oefen, en dit lyk of dit gaan werk.
“In plaas daarvan om ’n gebou in die dorp te hê om dit te doen, ontmoet ons die persone nou in verskeie parkies. Ontbyt word op die plaas gemaak en van daar af neem ons dit dorp toe.

“Na die ontbyt dan geëet is, gaan werk die mense saam met my of die ander toesighouers vir twee tot drie ure; enigiets van parkie skoonmaak tot slaggate regmaak. Na hierdie werk kry jy ’n bewys wat jy dan by sekere informele handelaars kan indien vir ’n maaltyd.”
LEES OOK: Aladdin uiteindelik op die towertapyt
Die handelaars handig dan weer die bewyse by die NCF in en ontvang ’n betaling.
“Die hele idee is om die stad op te hef, want die stad dra by tot hierdie mense se welstand. Dus is dit belangrik dat ons hierdie tipe dinge doen – jy kan nie net niks doen en heeltyd kos kry nie.”
