Local newsNewsNews

Vyf maande en nog geen operasie

Meer as vyf maande nadat hy sy been gebreek het, wag Pieter Potgieter steeds op 'n operasie by 'n staatshospitaal. Potgieter (79) het sy been op 6 November gebreek ná 'n ernstige val.

Meer as vyf maande nadat hy sy been gebreek het, wag Pieter Potgieter steeds op ‘n operasie by ‘n staatshospitaal.
Potgieter (79) het sy been op 6 November gebreek ná ‘n ernstige val. Hy lê nog steeds in sy bed en is nie in staat om enigiets op sy eie te doen nie, terwyl sy vrou vir hom moet sorg. Die familie voel in die steek gelaat deur die openbare gesondheidstelsel en is moedeloos.

LEES OOK: Nelspruit Gemeenskapsforum beoefen nuwe benadering tot liefdadigheid

“Pieter was eers na die Barberton Hospitaal, waar X-strale geneem is, maar daar was geen operasie geskeduleer nie en daar was géén kommunikasie aan ons van die mediese personeel nie,” het sy vrou, Rosemarie Potgieter, vertel.

“Einde November het ons hom na Tonga Hospitaal geneem, waar hy eers 12 ure nadat hy opgeneem is, na ‘n saal oorgeplaas is,” sê Rosemarie.

“Daar is weer eens X-strale geneem, maar geen inligting aan ons gekommunikeer nie. Hy is eers drie dae nadat hy opgeneem is, na die operasiesaal verwys.”

Vir twee weke het Pieter in Tonga-hospitaal gelê, maar geen operasie was ooit geskeduleer nie. “Op 22 Desember was hy ontslaan vir Kerstyd, en op 3 Januarie het ons hom weer na Tonga teruggeneem. Daar het hy gelê tot 15 Januarie. Dit was tóé reeds twee maande ná die val, en geen operasie om die been te herstel het te voorskyn gekom nie.”

ALSO READ: Kwena breaches walls for first time in five years

Die Potgieters is pensioenarisse en beskik nie oor mediese fonds nie. Hulle is afhanklik van staatsorg.

Die woordvoerder van die Departement van Gesondheid, Dumisani Malamule, het aan Laevelder bevestig dat Pieter op ‘n waglys geplaas is om chirurgie te ontvang. “Die pasiënt is op die lys om na Themba Hospitaal oorgeplaas te word, om die operasie ná Paasnaweek te ontvang.”

Die familie bly egter agterdogtig oor dié belofte. “Dit is die eerste wat ons hoor van ‘n kans op chirurgie ná Paasnaweek. Ons is nog glad nie daarvan in kennis gestel nie,” het Rosemarie vertel.

Indien die Departement van Gesondheid nie tot die familie se redding kan kom nie, vra hulle dat enige lid van die gemeenskap wat in staat is om te help, hulle dringend kontak.

“Ek wil net hê dié moet nou verby wees,” het ‘n tranerige Pieter gesê. “Kan iemand asseblief tog
net help?”

Enigeen wat meen dat hulle bystand kan bied, kan Rosemarie by 082-785-8494 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button