Local newsNewsNews

Gemeenskap tree in ná gesin se pleidooi om bystand met beenoperasie

Die man wat vir vyf maande met 'n gebreekte femur geworstel het, sonder die nodige staatshulp, het Donderdag 15 April 'n heupvervanging by Busamed Lowveld-privaathospitaal ondergaan.

Die man wat vir vyf maande met ‘n gebreekte femur geworstel het, sonder die nodige staatshulp, het Donderdag 15 April ‘n heupvervanging by Busamed Lowveld-privaathospitaal ondergaan.

Dit is alles te danke aan die plaaslike gemeenskap se bystand en ondersteuning, sê die gesin.
Dr. Adam Schoeman het onderneem om alle onkostes vir die hospitaalverblyf en die nodige X-strale en bloedtoetse sélf te dra.

LEES OOK: Laeveld-liefde bly maar die beste

Pieter Potgieter (79) van Marlothpark is sedert November bedlêend nadat hy sy dybeen na aan sy heup tydens ‘n val gebreek het. Hy is van Barberton se staatshospitaal na Tonga verwys, waar hy vir byna twee maande gelê het.

‘n Operasie vir hom het nooit verwesenlik nie.

Hy is ‘n pensioenaris en kan nie mediese fondse bekostig nie, en is daarom afhanklik van staatshulp.

“Dit bly ondenkbaar dat hierdie die tipe diens is wat deur staatshospitale gelewer word,” het Schoeman gesê.

Lede van die gemeenskap het van Potgieter se stryd te hore gekom en besluit om te help.
“Die gemeenskap, ‘n paar individue in die besonder, het ons regtig goed bygestaan en aangebied om met só baie dinge te help,” het ‘n emosionele Rosemarie Potgieter, Pieter se vrou, vertel. “Die hospitaalpersoneel was uitstekend en het ons deurentyd behandel asof ons betalende pasiënte is. Ons bedank ons Hemelse Vader vir al hierdie mense wat oor ons pad gestuur is.”

LEES OOK: Bethal police officers step in as emergency midwives

Die Potgieters wil graag die volgende mense bedank:

  1. Dokter AB Schoeman, die orthopeet van Nelspruit Mediclinic wat alles wat die eerste dag af geborg het. Van die X-strale tot die bloedtoetse, alles was tot op die laaste dag geborg.
  2. Die personeel van Busamed-hospitaal, veral Suster van Wyk in die hoësorgeenheid. Susters Westcott en Gertenbach en die hele verpleegpersoneel, met uitsondering van Phyllis en Petunia.
  3. Die fisioterapeut Dr Karen Lea.
  4. Field Security vir die Vervoer van en na die hospitaal in Mbombela.
  5. Securicon vir die aanbied van addisionele hulp.
  6. Dr Schoeman se spreekkamerpersoneel.
  7. Die Laevelder vir die publikasie wat na die hulp gelei het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button