Local newsNews

Nellies praat ’n hond uit ’n bos

Om die kuns van onvoorbereide debat as ’n opwindende aktiwiteit te bemark, het die Nellies se debatsvereniging drie kompetisie-aande gereël.

Dit het ook gedien as voorbereiding vir die Mpumalanga-ronde van “Dink of Sink”.

Ses lede van die verteen-woordigende leerderraad het die eerste geleentheid gehad om voornemende debatteerders te wys hoe dié soort debat werk. Die twee spanne loot en kies of hulle inleidend of opponerend gaan praat.

Die onderwerp word bekend- gemaak en die spanne kry vyf minute om hulle drie argumente in ’n toespraakvorm te verwerk. Elke lid van die span kry dan twee en ’n half minute om ’n toespraak te maak, waarna die ander span op hul beurt aanval en verdedig en hulle span se argumente voorhou.

Ná al ses sprekers met hul toesprake klaar is, volg daar ’n sewe-minuut debatsgesprek waar die spanne mekaar bestook met vrae om hul kant so duidelik as moontlik te bewys.

Die eintlike kompetisie het op 13 April tussen Huis Hermann Davin en Huis Maré begin. Die vroue het die manne die loef afgesteek en naelskraap gewen. Lanika Leuvennink, Katrien Hiemstra en Gabi van der Merwe van Huis Maré het in die finaal deelgeneem teen die dorpspan se Erika le Roux, Sumi Naudé en Teneil le Roux.

Die onderwerp vir die debat wat op 20 April plaasgevind het, was dat alle hoërskoolmeisies ’n verpligte kursus oor hoërskoolseuns moet bywoon. Hier het die dorpspan met die louere en kontantpryse weggestap.

Nellies bied vanjaar op 14 en 15 Mei die ATKV-Debat se Mpumalanga/KwaZulu-Natal-ronde aan. Elf spanne gaan ook op 29 Julie vir die eerste keer aan die Con Spirito-debat by Helpmekaar Kollege deelneem.

ALSO READ: Volgehoue gees seëvier by kleurvolle interhuisbyeenkoms

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button