Local newsNews

Radio Raps maak ‘n draai in die Laeveld

Rikus de Beer, alombekend as Radio Raps, het die naweek Laevelders by Blue Moon vermaak.

De Beer se skerp-skertsvertonings (een teen 15:00 en die tweede teen 19:00) vorm deel van sy agtste toer wat op 9 April afgeskop het.

Vir twee ure per vertoning het die gehoor van oor die 300 aan De Beer se lippe gehang toe hy sy menings van alles van rugby tot kalkoene tydens aardbewings gedeel het.

LEES OOK: Jo Black skop die eerste van vele huiskonserte af

“Ek love dié plek,” het die Klerksdorp-boorling aan die gehoor gesê. “Ek sal hier kom aftree, ek sweer.”

Volgens De Beer hou die Laeveld-omgewing baie persoonlike herinneringe.

De Beer het sy vertoning afgesluit deur die skaterende gehoor te herinner aan hoe kosbaar die “nou” is.

“As die innings klaar is en jy stap van die veld af, maak seker dit was ‘n goeie een,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button