Local newsNews
Strecker speel nou vir Puma’s o/20’s
Albert Strecker is gebore met ’n rugbybal in die hande. Hy het van kleins af op die rugbyveld opslae gemaak.
Dit is dus nie ’n verrassing dat die oud-leerder van Hoërskool Lydenburg nou deel van die Mpumalanga Rugby-unie is nie.
Strecker se toetrede tot die Pumas o/20-span is onlangs aangekondig, en bewys sy harde werk en passie vir rugby. As kind was Bryan Habana een van sy rolmodelle, veral weens sy deursettingsvermoë. Strecker droom daarvan om eendag die gesogte Springboktrui te kan aantrek en die land nasionaal te verteenwoordig.
Lees ook: Hoërskool Lydenburg maak sy eeufeesplanne
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
