Local newsNews

Geen heenkome vir haweloses

’n Hawelose man is Maandag 2 Augustus verwyder van waar hy kamp Voortrekkerstraat opgeslaan het.

Die amptenare van die Thaba Chweu Plaaslike Owerheid (TCLM) wat die bywette toepas, het die man tot by die Soli Deo Gloria Sorgsentrum geneem en voor die hek daar afgelaai.
Die man het toe in die ou hondehokke van die Longtom Animal Protection and Rescue ingetrek.
Gerda Venter, die direkteur van Soli Deo Gloria, is besorg oor die feit dat die beamptes hierdie mans net by Soli se hekke aflaai en hulle iemand anders se probleem maak.
“Ek het 90 mense wat in Soli bly. Ek kan nie ‘n kans vat dat my ander inwoners siek word nie. Ek beskerm hulle nou al ‘n jaar en ‘n half teen Covid. Ons het die bywette-beamptes gesê dit is onmoontlik om die man in te neem, maar hulle het doodeenvoudig weggery,” het Venter gesê.

Lees ook: Lydenburg wen Gholfkampioenskappe

Spiros Covaras, ‘n raadslid van die DA, het beaam dat hawelose mense ‘n groot probleem in Lydenburg is. Almal is ook vertroud met die man wat langs Nissan, voor Deo Volente se woonstelle en voor Steelburger/Lydenburg Nuus se kantore uitspan.
“Dit is nie net onder die blanke gemeenskap nie, en die munisipaliteit het nodig om ‘n permanente oplossing vir hierdie mense te vind. Daar is organisasies wat hulle kos gee, maar hulle slaap op straat. Ons vra hulp. Om hulle net te verwyder is nie die oplossing nie,” het Covaras gesê. Venter het voorts gesê die man, ene “Christo”, het al vantevore by Soli om hulp aangeklop. Hy is kos gegee, nuwe klere en ook ‘n kamer. Maar hy kon nie by die reëls aanpas nie.

Lees ook: Hoërskool vier 100ste bestaansjaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button