Só hanteer ons ‘n slang
Sommige inwoners het met die hulp van Lowveld Venom Suppliers op Woensdag 28 Julie geleer hoe om spesifieke slange te hanteer en te verwyder.
‘n Kursus was aangebied deur Anneke van Schoor by die Jackalberry Ridge. Met die hoeveelheid slange wat hulself tuis vind in Marlothpark, het ‘n paar inwoners besluit om ‘n slangkursus by te woon met die doel om vaardighede op te bou om ‘n probleem met slange self te kan hanteer.

Lowveld Venom Suppliers kom gereeld na die deel van die Laeveld om mense te leer van die belangrikheid van dié reptielspesie.

Die mense word geleer hoe om veilig met slange te werk, veral die vier gevaarlike spesies; die pofadder, die boomslang, die wipneuskobra en die swart mamba. Basiese noodhulp vir wanneer iemand deur een van die slange gepik word, word ook aangebied.

“Hierdie kursus is ideaal vir dié wat in die bosveld bly en in die toerismewêreld werk, en Marlothpark is ‘n slanghemel. Ons slangvanger in Marloth vang meer slange in ‘n week as wat ek in ‘n maand in Mbombela vang,” het Van Schoor gesê.
ALSO READ: Vehicle repair backlog catches up with police
