KYK: Nellies maak Hoërskool Nelspruit trots by ATKV-Redenaars
Hoërskool Nelspruit het baie om op trots te wees na die afgelope ATKV-Redenaarskompetisie wat vanjaar aanlyn vanaf Maart begin het. Die leerders het regoor die kompetisie goed presteer.

In die afdeling vir senior huistaal was vyf van die top 10 redenaars in Mpumalanga NHS-leerders gewees.
Cornelis van Dyk (gr. 10) het eerste plek behaal, met Noami van der Nest (gr. 12) kort op sy hakke in tweede plek. Jeanè Strydom (gr. 11) was vierde, Anke Oelofse (gr. 11) sewende en Andrich Eloff (gr. 10) 10de.
In die afdeling vir senior addisionele taal het Amenda Bunting (gr. 12) eerste plek behaal, Sinè Repinga (gr. 12) was tweede en Anthony Mabuza (gr. 11) derde. In die afdeling vir junior huistaal is Francois Louw (gr. 8) in eerste plek en Nina Prinsloo (gr. 8) in agtste.
LEES OOK: Weeskalf doodgeskiet voor bewaringstrust kon intree
Verskeie NHS-leerders het in die nasionale top 20 en top 100 beland.
Hulle uitslae is soos volg:
Nasionaal top 20: Amenda Bunting (gr. 12): vyfde, Sinè Repinga (gr. 12): negende, en Anthony Mabuza (gr. 11): 18de.
Nasionaal top 100: Cornelis van Dyk (gr. 10): 15de en Naomi van der Nest (gr. 12): 66ste.
