Local newsNews
Dames leer selfverdediging by kenner tydens vrouedag
Die Amazing Kruger View Restaurant het 'n vrouedag by die Henk van Rooyen-park op 28 Augustus gereël, waartydens twee motiveringsprekers, Marie Louise Viljoen en Cornelia Potgieter, 'n selfverdedigingsles aangebied het.
Die belangrikheid van vrouens en hul veiligheid was die fokus van die dag.

Om dit te beklemtoon het Losaan Meiring, die organiseerder van dié dag, vir Thys Odendaal uitgenooi om die dames selfverdediging te leer. Odendaal is ‘n professionele selfverdedigingsafrigter wat vele help om hulself te beskerm indien nodig.

“Dit was uitstekend om te sien hoe gemotiveerd en opgewonde die dames was. Vrouens is die toekoms en sal altyd bereid wees om te leer vir hulle veiligheid. Ons beplan om nog vele meer dae soos hierdie te reël,” het Meiring gesê. ALSO READ: Man shoots wife and children
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
