Local newsNews

Barberton-vrou vermis sedert Dinsdag, 2 November

‘n Vermistepersoonsaak in verband met Karen Botma se verdwyning is oopgemaak.

Karen Botma, ‘n vrou van Barberton, word sedert Dinsdag, 2 November, vermis. Kol. Johan Engelbrecht, die stasiebevelvoerder vir die Barberton SAPD, het bevestig dat ‘n vermistepersoonsaak oopgemaak is.

Engelbrecht sê ‘n foto van haar en ook een van haar voertuig word tans versprei. Sy ry ‘n rooi Toyota Etios Cross met die registrasienommer JKD 189 MP. Beide Engelbrecht en Botma se man, Daniel, sê haar selfoon is op hierdie stadium af.

LEES OOK: Blinde bejaarde by stembus te hulp gesnel

Daniel sê hy was Dinsdag om 16:30 by die huis en teen 18:00 was sy steeds nie tuis nie. Toe hy haar werkgewer skakel, het hulle gesê sy het daardie dag nooit vir werk opgedaag nie.

Enigiemand met inligting oor hierdie saak kan die Barberton polisiestasie by 013 712 2233 of 013 712 2627 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button