Local newsNewsNews

Karnivoorspesialis sê Marlothparkers moet bedag wees op leeus

Inwoners en gastehuiseienaars van dié dorpie is onlangs na ‘n vergadering by die Giraffe Lodge op Saterdag 29 Januarie genooi, waar die karnivoorspesialis, Gerrie Camacho, die jongste nuus oor die leeusituasie in die omgewing bespreek het.

Camacho het onder andere die leeus, wat al vir maande los in die gebied rondloop, asook ander diere wat hulself weer in die dorpie bevind het, bespreek, en ook hoe hulle hanteer gaan word.

“Op hierdie stadium is dit stil. Ons vermoed die leeus is maar nog in die omgewing, na aanleiding van die onlangse waarnemings van dié diere, alhoewel dit nie dikwels gebeur nie. Daar is nie ‘n patroon wat ons op hierdie stadium kan volg nie,” het Camacho gesê. Volgens hom was die laaste keer wat ’n leeu gesien is, meer as ‘n week tevore op die aand van 28 Januarie.

LEES OOK: NHS se rekords maak opslae

‘n Jong mannetjie se spore is kort daarna op 30 Januarie in Lionspruit gevind. Camacho glo die jong leeu het homself in die spesifieke gebied begin vestig. “Dan is daar, wat wel interessant is, die eerste luiperdvangs in ‘n lang tyd in Kingfisherstraat gevind. Ek vermoed dat die luiperd ‘n aanduiding is dat die leeus ‘n bietjie minder voorkom,” het Camacho gesê.

Hy het die mense by die vergadering gevra om steeds albei oë oop te hou en te onthou dat die dorpie nooit rustig gaan wees met die diere wat gereeld van die wildtuin af kom kuier nie. Steeds glo hy dat gereelde waarskuwings uitgestuur moet word om die gemeenskap op hoogte te hou.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button