Local newsNewsNews

Mbombela-kerk loods liefdadigheidswinkel vir diegene in nood

Behoeftiges kan ná Sondagdienste dié kerk se nuwe winkel vir noodsaaklikhede gaan besoek.

Die Hervormde Kerk Nelspruit het tydens ‘n onlangse kerkraadsvergadering met ‘n idee vorendag gekom om ‘n barmhartigheidswinkel te begin, nie net vir hul eie gemeentelede nie, maar ook vir die gemeenskap.

Dié winkel, Uit die Vaderhand, het ná die afgelope Sondag se diens sy deure amptelik in Belladonnastraat geopen.  Die gedagte is dat die winkel na afloop van die erediens op Sondae oop sal wees.

Van die produkte reeds in die winkel. > Foto: Verskaf

Alles is gratis beskikbaar vir diegene wat dit nodig het. “Ons beplan om noodsaaklikhede daar te hê, soos kos, skoonmaakmiddels en klere. Almal weet ná afloop van groot byeenkomste bly daar altyd hope bestanddele oor; hierdie is ‘n gulde geleentheid om dit soontoe te neem sodat ons dit kan uitdeel aan hulle wat dit nodig het,” sê Mantoine van Biljon van die kerk.

LEES OOK: Hou saam kermis by Rusoord

Indien jy bewus is van behoeftige gesinne, nooi die kerk hulle om Sondae om 08:30 die erediens by te woon om die siel te voed met pitkos, en daarna vir hulle te vat wat hulle nodig het.

Die winkel het kinderklere ook om van te kies. > Foto: Verskaf

“Ons glo onvoorwaardelik dat die Vader elke skenker en elke begunstigde wat behoeftes het, na ons toe sal stuur. Daar is altyd die risiko dat iemand die sisteem sal misbruik, maar dit is nie ons plek om te besluit of te oordeel wie dit nodig het en wie nie.

“Die nood is geïdentifiseer en ons wil die platform daarstel en die reis met geloof aanpak. Foute gaan gemaak word en lesse gaan geleer word, maar uiteindelik is dit ‘n geleentheid vir elkeen om ‘n aandeel aan ons gemeenskap te hê en waarlik ‘n verskil te maak.  “Hierdie is nie net ‘n kerkprojek nie, maar wel ‘n Nelspruit-gemeenskapsprojek in die kerkgebou,” sê Van Biljon.

Daar is ook vars produkte beskikbaar. > Foto: Verskaf

LEES OOK: Nostalgie na vervloë dae se algemene handelaars in Lydenburg

Tesame met die opening is daar ook ‘n uitdaging om een van die volgende drie items te skenk: niebederfbare kos, skoonmaakmiddels, persoonlike versorgingsmiddels of kledingstukke wat nie meer gebruik word nie.

Van die kosprodukte wat die winkel bied. > Foto: Verskaf

Sou jy enige ander skenkings wou maak of op ‘n ander manier ‘n bydrae lewer, skakel Van Biljon by 072 278 4526 of die kerkkantoor by 087 149 0323.

Skenkings kan weeksdae tussen 09:00 en 13:00 by die Hervormde Kerk Nelspruit, Belladonnastraat 120, afgelewer word.

Ben van Biljon en Lambert Smith werskaf voor die opening van die winkel. > Foto: Verskaf
Kledingstukke in die winkel. > Foto: Verskaf

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button