Local newsNews

Gewilde Wildevy 4×4 is terug

Die groep manne wat jaarliks die Wildevy 4x4 Gesinsdag reël, is met reg opgewonde dat die datum vir vanjaar vasgestel is op Saterdag 30 Julie by PLM Boerderye in die Watervalsrivier, 10 km uit die dorp uit, vasgestel is.

Dit bied ‘n fees van vermaak vir oud en jonk, asook ‘n verskeidenheid stalletjies en baie pret.
Die groot trekpleister en sanger vir die dag is Arno Jordaan, een van die land se gewildste sangers.
Een van die organiseerders, Willem Montgomery, het genoem dat die 4×4-tydgleuwe reeds vol is.
“Ons sien uit na die spanne wat meen hulle kan 4×4 soos kampioene ry,” het hy gesê.
Uitstallers en borge moet onthou dis ‘n gesinsdag. So daar is nog hope plek vir stalletjies en borge om deel van hierdie 4×4-dag te wees.

Lees ook: Heerlike kuier by Trout Inn se markdag

Steelburger/Lydenburg Nuus is een van die mediavennote en sal beslis die dag meemaak.
Die toeskouer wat die meeste onder die modder deurgeloop het, of die span wat die meeste vol modder is na die tyd, wen die prys.
Daar wag nog pryse van die koerant op dié dag. Soos almal weet, kan die Wildevy-4×4
‘n morsige modderdag raak, maar groot pret is dit gewis, en dis voorwaar iets om na uit te sien.
Montgomery bedank voortydig sommige van die groot borge wat die dag moontlik maak, Tech North, Flame Signs, Goldbroz Steelpoort, Remax Winners, Probe IMT, Talrad en Steel and Bolt om slegs ‘n paar te noem. Die ander borge sal ook genoem word in die koerant.
Die manne nooi nog borge om hul name op die gesogte borgelys te plaas. Skakel William Montgomery vir meer inligting by 083 302 5769, of besoek www.wildevy.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button