Oud en jonk geniet fees
Dirk van der Westhuizen en Irene-Louise van Wyk het gesorg dat die feesgangers die aand gesellig saamkuier, en Appel het die program afgesluit.
BURGERSFORT – Die Sitrus Fees van die afgelope naweek, was ‘n reusesukses by Waterval CVO Laerskool.
Die fees is ‘n jaarlikse fondsinsameling, en dit is die eerste keer sedert 2019, dat die skool weer die publiek met ope arms kon verwelkom het om die dag saam met hulle te geniet.

Die kleurloop was die hoogtepunt van die dag. Oud en jonk het ingeskryf om die twee kilometers te hardloop en vol kleurverf gegooi te word.
Zippy die nar het die kleintjies vermaak terwyl mamma en pappa so ‘n bietjie kon sit en kyk hoe hulle baljaar.
Een van ons eie in die kontrei, Nicolene Breytenbach, het vanaf die verhoog almal heerlik laat ontspan na ‘n kleurvolle hardloop.
Dirk van der Westhuizen en Irene-Louise van Wyk het gesorg dat die feesgangers die aand gesellig saamkuier, en Appel het die program afgesluit.

Waterval CVO wil almal wat deelgeneem het, bedank, asook die volgende borge: Talisman, Samancor, Sebenza, Cooltec, Electro Diesel Group, Midas Steelpoort, Midas Burgersfort, W&S Esterhuizen, Buffelsvlei, HLV, Jabali, Kaltire, Remax, Zizwe, Marenskey, Survival Tyres, Temba, Beal Consulting Engineers, Khumula Lodge, Burgersfort Kwekery, Lebowa Paneelklopper, Kobus en Ansie Wentzel, Supa Quick, NGS en Fouché Trust.
