Local newsNewsNews

Mbombela-sielkundige stel gospel-CD vry

'n Plaaslike kliniese en pastorale sielkundige, dr. Jacob van Zyl, het onlangs sy eie CD vrygestel.

Die CD, IS – om jou geestelik en emosioneel te versterk en te inspireer, deur dr. Jacob van Zyl, is op 22 Mei in die NG Kerk Moedergemeente vrygestel.

Die CD bestaan uit 15 nuwe Christelike stilword- en gedagtevolle komposisies en toonsettings deur Van Zyl, ‘n plaaslike kliniese en pastorale sielkundige. Die musikale verwerking is deur Reon van Aardt behartig.

LEES OOK: GROOTfm 90.5 … nog groter!

Al dié liedere is voor ‘n meele-wende en entoesiastiese gehoor uitgevoer deur onder meer Jacob van Zyl (sang), Reon van Aardt (klavier en agtergrondsang), Arno Marais (viool, kitaar en agtergrondsang), Tyrone Hinrichson (tweede basviool), Wynand Mare (perkussie) en ds. Jaco Straus (baskitaar). Sangers van die kerk se musiekbedieningspan is ook by die uitvoering van sekere liedere betrek.

Dr. Jacob van Zyl.

Van Zyl het verduidelik dat na afloop van ‘n geestelike terugtog in 2007, hy gereeld stiltetyd volgens die beginsel van Lectio Divina (‘n manier van stil word en tyd spandeer met die Woord van God wat uit die vroeë kerk van Christus dateer, maar wat deesdae oral weer afgestof word), beoefen.

Sedert veral Januarie 2016 is sy kontemplatiewe stiltetye in die teenwoordigheid van God, op ‘n gereelde basis verryk met die element van toonsetting en komposisie van die teks wat uit die Afrikaanse en dikwels ook Griekse Bybel vir hom uitgestaan het. In hierdie musiekprojek het hy 15 liedere uit honderde uitgesoek om op sy CD te deel.

LEES OOK: Heerlike kuier by Trout Inn se markdag

“Die CD is ideaal vir gebruik vir lang pad luister, persoonlike stiltetye en vir eredienste,” sê hy. Met behulp van Nieu Light is hy besig om die liedere na Christelike radiostasies regoor die land te versprei asook na alle Afrikaanse kerke wêreldwyd.

Uittreksels uit die CD is op YouTube beskikbaar met soekwoorde: “CD demo IS Jacob van Zyl”. Die volle CD is teen R149 beskikbaar (hardeband CD-boekie met tekste ingesluit).

Sms jou eie naam en “CD” na 013 752 2000 om dit te bestel.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button