Local newsNewsNews

Malalane se Hervormers hou behoorlik basaar

Op Vrydag 27 Mei het die Nederduitsch Hervormde Kerk weer sy jaarlikse basaar gehou.

Die basaar was ‘n geleentheid met hope aandete-opsies, lekkernye vir die soettand, vermaaklikhede vir die kinders, en ‘n sinlike stalletjie om jou groente- en vrugtevoorraad aan te vul. Musiek was volop met Die Laevelders, gevolg deur Werner D’Hollander en Wynand van Staden.

Vir die veiling was daar onder andere wyn, rooibokke en ‘n paar vliegritte beskikbaar. Soos altyd was dit ‘n geleentheid waar die hele gemeenskap hand bygesit het en kom ondersteun het.

LEES OOK: Bydraes vir kermis word waardeer

Bomavure het tot laat gebrand en warm gesprekke het die koue van die aand amper onwetend verdryf.

“Soveel mense het bygedra om hierdie aand ‘n sukses te maak en ons kan nie genoeg dankie sê vir elke rand, stukkie energie en tyd wat aan hierdie basaar bestee is nie. Ons wil wel graag die sakeondernemings in die gemeenskap vir hul ondersteuning en bydrae bedank.

“Merk Mei op die kalender vir aanstaande jaar. Dan maak ons weer so,” sê ds. Thomas Dreyer.

Henk, Ellie en Lana Bezuidenhout.
Henning Scheepers, ‘n pannekoekbakker, Jacqueline Scholtz, en Michelle en Paula van Jaarsveld.
Cherleen van der Westhuizen, Annerine Swart, Cherie de Bruyn, Daleen Esselen en Marli Potgieter.
Yolande Slabbert, Marietjie Cloete en Liz Uys.
Nelmarie du Preez en Franscois Labuschagne.
Vlooi en Braam Ehlers.
Dayline Griezel, Nikita Blignaut en Norma Griezel.
Marlese en Gerben Janse van Rensburg.
Dolla en Willem Steyn en David Griezel.
Gerrit Venter, Flip Pansegrouw, Steven Cox en Hannes Nel.
Lekker basaarsamesyn in die Onderberg.
Thomas Dreyer, Janco, Elriza en Petri Coetzee en René Bekker.
Jangke Brits en Sunel Meyer.
Phillip en Duifie van der Merwe, Leonie en Hennie Bezuidenhout, en Lize-Marie en Thomas Dreyer.
Jan-Adam van der Westhuizen, Nico Prinsloo en Helgard Meyer.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button